
Reis saam! Turkye 2026
Saam met Prof. Stephan Joubert
Is jy reg vir die ervaring van jou lewe saam met eKerk? Op hierdie reis gaan jy beleef, ervaar, en loop op die hakke van Paulus en Johannes. Wees gereed vir 'n avontuur vol historiese en geestelike ontdekkings. Pak jou rugsak en maak gereed vir 'n onvergeetlike reis deur die land van die Bybel.
Reisprogram
24 September - 2 Oktober 2026

Dag 1: Johannesburg na Doha
Donderdag, 24 September
Ontmoet vanaf 15:50 by die Qatar lugredery inboek-toonbank op Johannesburg se O.R.Tambo Internasionale lughawe. Vertrek om 19:50 na Doha.
Dag 2: Doha na Istanbul
Vrydag, 25 September
Arriveer om 05:20 in Doha en sluit by die 07:50 vlug na Istanbul aan. Ons land rondom 12:20 in Istanbul. Ons begin die dag met ’n bootvaart op die Bosphorus. Daarna vertrek ons na ons hotel waar ons oornag.


Dag 3: Istanbul na Pamukkale
Saterdag, 26 September
Op vandag se program besoek ons die Blou Moskee, ’n ondergrondse waternetwerk en die Konstantinopel Hippodroom. Ons vlug na Denizli vertrek om 17:50. Ons land om 18:55 en word daarna na ons hotel in Pamukkale oorgeplaas.
Dag 4: Kolosse, Laodicea, Hierapolis & Pamukkale
Sondag, 27 September
Vandag besoek ons die oorblyfsels van die stad Kolosse en Laodisea. Hierna vertrek ons na Hierapolis. Ons laaste stop vir die dag is die warmwaterbronne en kalksteen-terrasse van Pamukkale. Ons keer terug na ons hotel in Pamukkale.


Dag 5: Efese, Sirince & Kusadasi
Maandag, 28 September
Ons vertrek na Efese. Ons besigtig die Basilika van Johannes, die antieke stad met die Agora, en die Tempel van Hadrianus. Ons besoek ook 'n gerestoureerde heuweltop-dorpie, Sirince, waar bietjie die koskultuur van Turkye kan ontdek en na ’n vol dag oornag ons in Kusadasi.
Dag 6: Efese na Izmir
Dinsdag, 29 September
Vandag verken ons verdere dele van Efese. Ons besoek die antieke teater waar Paulus vir die Efesiërs gepreek het, asook die Tempel van Artemis. Ons laaste stop vir die dag is Izmir, waar ons oornag.


Dag 7: Smyrna, Sardis, Pergamus & Bergama
Woensdag, 30 September
Vandag besoek ons Smirna waar die oorblyfsels van die antieke markplein en ander interessante stukke van die verlede opgegrawe is. Dan reis ons na Sardis, ‘n antieke stad met meer as 3,000 jaar se geskiedenis. Daarna gaan ons na Pérgamus, die voormalige hoofstad van ‘n pre-Romeinse koninkryk, waar die groot altaar van Zeus bo die stad op die heuwel gestaan het. Ons eindig die dag met aandete en oornag in die omgewing van Bergama.
Dag 8: Bergama, Bursa, Istanbul & Doha
Donderdag, 1 Oktober
Ons reis vanoggend deur Bursa, 'n groot stad uit die Ottoman-periode. Ons eindbestemming is Istanbul, waar ons die dag afsluit met ‘n besoek aan die beroemde bedekte basaar—een van die grootste en oudste markte ter wêreld, met 61 strate en oor 4,000 winkels waar jy lekker goed teen winskopiepryse kan koop. Daarna beweeg ons na die lughawe vir ons Qatar Airways-vlug wat om 20:10 vertrek.

Toerkostes
Verwagte toerprys: R46,900 per persoon wat ‘n kamer deel. Die prys is gebaseer op verwagte koste vir September 2026, soos saamgestel in Maart 2025. Dit is onderhewig aan verandering en sal hersien word wanneer die groep-lugreisgeld in November 2025 beskikbaar is.
Ingesluit
-
Ekonomiese retoervlugte insluitend inboek-bagasie, lughawebelasting en brandstofheffing
-
Lughawe hotel retoer oorplasings soos per program
-
Ontbyt en aandetes by hotelle
-
Vierster akkommodasie
-
Engelssprekende toergidse en luukse toerbusse
-
Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program
-
Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere en hotelpersoneel
Uitgesluit
-
Opsionele enkelkamerverblyf supplement op aanvraag beskikbaar R8,900
-
Reisversekering vanaf R1,230 vir onder 70-jariges R2,930 vir onder 80-jariges. Senior polis op aanvraag beskikbaar
-
Turkse gratis aanlyn visum
-
Middagetes en addisionele drankies
-
Opsionele lugbalonrit in Pamukkale
​​
Die reisplan en hotelle is onderhewig aan verandering, afhangend van tydskedules en veiligheidsituasies.
​
Hoe registreer ek vir die toer?

1
Voltooi die registrasievorm
Voltooi asseblief die aanhegte registrasievorm om jou plek op die toer te verseker. Maak seker jou paspoort is geldig vir minstens 6 maande na die terugkeerdatum van 2 Oktober 2026.
​
Gaan deur die kennisgewings onderaan die vorm en maak seker jy is bewus van die addisionele koste vir enkelkamerplasings.
​
Meer inligting is op die reisprogram PDF beskikbaar.
2
Betaal jou deposito en reisversekering
Betaal asseblief jou deposito van R10,000 per persoon, plus *reisversekering van R1,230 (vir onder 70-jariges). Die reisversekering moet saam met jou deposito betaal word indien jy die volle reisdekking wat die TIC-polis bied, wil ontvang.
​
Gebruik asb jou VAN, gevolg deur die kode 24SepSJ, as verwysing wanneer jy die betaling doen.
Bankbesonderhede verskyn onderaan die registrasievorm.
​
*Reisversekeringkostes vir onder 80-jariges beloop R2,930.
3
Stuur bewyse van betaling aan Stargate
E-pos die registrasievorm, saam met jou inbetalingstrokie na tafelberg@stargateint.co.za of stuur dit via WhatsApp na
082 478-0895, (deposito plus reisversekering totaal: R11,230).
​
Weens die beperkte aantal sitplekke beskikbaar vir hierdie toer, word u inskrywing en deposito so gou as moontlik benodig om u sitplek te verseker.
eKerk is opgewonde om saam met jou in 2026 te reis!
Die toer word georganiseer in samewerking met Stargate International Tour Operators.

